“Tips en tricks” in die klaskamer

the-letter-t

Dit is jou eerste dag in die onderwys en jy staan voor ‘n klas van 30 kinders en dink vir jouself…wat nou? Wat maak ek nou met die klas vol nuwe gesiggies voor my? Wel, nuwe onderwyser, hier gaan ons nou vir jou ‘n paar “tips en tricks” gee vanuit TopNotchTeaching om jou eerste dag, en elke dag daarna, suksesvol te maak in die klaskamer.

1.    Prosedures

Maak seker daar is prosedures in plek vir wanneer die leerders deur die skool beweeg na die biblioteek, na die saal, ensovoorts en pas dit konsekwent toe sodat die leerders weet presies wat van hulle verwag word wanneer daar rondbeweeg word in die skool. Die leerders moet byvoorbeeld weet of hulle in een lyn of twee lyne moet loop, mag hulle fluister of moet hulle stilbly en mag hulle hardloop of moet hulle loop, vir sekere leerders is dit iets heeltemal nuut en is hulle nie gewoond aan hierdie manier van dinge doen nie.

2.    Vinnige werkers

Is daar vinnige werkers in jou klas? Indien wel, maak seker jy het ‘n plan in plek wat om te doen met hierdie leerders as hul lank voor die ander kinders klaar is met hul werk. Jy kan vir hulle ekstra werk gee wat sommer net lekker is soos blokkiesraaisels of woordsoektogte. Hulle kan ook gaan lees of jy kan hulle selfs saam met van die kinders wat stadiger werk laat sit om hulle te help as hulle sukkel.

3.    Tekens

Maak gebruik van ‘n teken sodat die leerders kan weet wanneer hulle mag gesels en wanneer hulle nou moet stilbly, as juffrou of meneer wil praat. Dit sal lei tot ‘n klaskamer wat minder chaoties is.

4.    Verstaan die leerders die opdrag?

Maak seker die leerders verstaan die opdrag wat vir hulle gegee is voordat hulle daarmee begin, dit sal baie frustrasie vir jou as onderwyser spaar oor werk wat verkeerd gedoen is. Vra die leerders om die instruksies vir jou te herhaal en die hoofpunte vir jou te lys van wat hulle moet doen, vra ook of hulle wel die werk verstaan en as hulle vrae het moet hulle vra voor hulle begin.

5.    Gedragsbeperkings

Hierdie punt is baie na aan klasreëls, maak dit baie duidelik aan die leerders wat van hulle verwag word en wat hulle mag en nie mag doen nie en pas die straf daarvan konsekwent toe. Dit is ‘n nuwe klas en ‘n nuwe onderwyser en die leerders is dikwels self onseker oor hoe om teenoor jou op te tree.

Hier het ons kortliks geraak aan vyf punte wat te make het met klaskamerbeheer. Elke klas is anders en dus gaan jy maar moet eksperimenteer tot jy die regte benadering vir jou klas vind. Gaan lees gerus nog by https://topnotchteaching.com/classroom-management/classroom-management/

Elnie Pretorius

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s