SR-inhuldiging

36249469_1721002907954721_6199876731629731840_o

Op 27 Junie 2018 is die Studenteraad van die nuwe termyn aangekondig tydens ‘n spogfunksie.  Die geleentheid is op Aros-kampus aangebied.

In die woorde van die SR-voorsitter:

“As ek terugkyk na ons termyn voel ek so ongelooflik trots op my span. Ons het baie suksesse behaal naamlik die eerstejaarskamp, verwysingswerkswinkels, bergfiets klub, maar die belangrikste is wen of verloor, ons was elke keer ‘n span. Elkeen het haar deel na die tafel gebring.

Natuurlik sou die SR nie die span kon wees wat ons was sonder die ondersteuning van Aros nie. Die SR wil baie dankie se aan almal wat ons op verskeie geleenthede bygestaan het. Ek kan enkele persone uitlig, maar weet asseblief dat die lys nog verder strek en ons is werklik dankbaar aan elkeen.

Ek begin graag met die uitvoerende komitee van 2017:

  • Mnr. Roets, wat altyd so aandagtig luister na idees en altyd so optimisties is. Vir ʼn     beter hoof kan ons nie vra nie.
  • Dr. Diedericks, wat ons belange op sy hart dra, nie net as die SR nie, maar as studente ook.
  • Mnr. Hurn, wat altyd vir ons ʼn geldjie bestee wanneer ons dit vir DRINGENDE sake benodig.
  • Dr. Buys, wat so goedgesind is teenoor ons en die studente van Aros.

Aan ons mentors, Mnr. van Dyk, Mev. van Rhyn, Dr. Diedericks en Mev Bruwer.  Baie dankie vir die leiding en kennis wat julle aan ons oorgedra het.

Mense weet dat die SR uit vier studente bestaan. Wat meeste nie weet nie, is dat ons ongelooflike ondersteuning ontvang vanaf die SSS (studentesuksessentrum).
Mev. Ninette Coetzee (wat ongelukkig nie meer by Aros werk nie) wat ons in die begin gelei het.
Mev. Jeanine Heath, wat optimisme uitstraal en altyd ‘n tydjie kan afknyp om oor enige iets te gesels.
En natuurlik Mej. Maretha Lubbe, van die begin af was sy daar. Sy is iemand wat ons altyd optel as ons val, ons met eerlikheid en respek hanteer en altyd ons rûe toehou en beskerm.
Baie dankie vir die wonderlike jaar wat julle met ons gedeel het.

Ons hoofstuk kom nou tot ‘n einde. Dit was ‘n voorreg om saam met julle te kon werk.
Maar vanaand verwelkom ons ‘n nuwe lid, Monique. Ons sien so uit om saam met jou te werk en die volgende termyn net so suksesvol te bestuur.”

 

Baie geluk aan:

Natasja Nienaber: SR-voorsitter

Tillie Herbst: SR-ondervoorsitter

Hester Moldenhaer: SR sport en kultuur

Monique Schoombee: SR sosiaal

36364547_462439867535297_7734749587675545600_o

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s