Om ‘n Arrie te wees is nie grappies nie

O gats! Jy skrik jou boeglam. Die eksamen het hom in jou lewe ingewurm en nou sit jy wasbleek in die eksamen lokaal.  Jy sien hoe kalm is Frikkie, hoekom is Frikkie so kalm? Die tyd het min geraak en jy het nie genoeg tyd gekry om alles te leer nie. Die onkunde oor die vra se antwoorde wat op die vraestel is spook by jou. Nou begin die groot behoefte ontstaan om 20 gebede gelyk op te sê terwyl jou hart in jou keel sit.

By Aros is daar nie ‘n rede dat elke onderwys student sy/haar volle potensiaal kan bereik nie. Daar is ‘n dinamiese groep passievolle mense wat meer as gewillig is om jou in alle areas by te staan, sodat jy al jou struikelblokke kan oorkom.

Aros bied verskeie geleenthede om studente te ondersteun. Hierdie geleenthede sluit in:

Studiewerkswinkels

By die Studiewerkswinkel word daar tegnieke aan studente gegee om tydsbestuur en leermetodes te bemeester om sodoende die regte tegnieke tot hul beskikking te hê om optimaal te studeer. Uit persoonlike ondervinding sal ek aanbeveel dat jy nie hierdie geleentheid misloop nie omdat dit vir enige nuwe of ou student ‘n aanwins sal wees.(Temas van studiewerswinkels word nou aangepas, om jou as Aros-student verder toe te rus – Red.)

Tutoraande  & Assistente

By die tutoraand sal al die vra wat jy mag hê oor enige studiemateriaal beantwoord  word deur een van Aros se bekwame assistente. Hierdie geleentheid moet deur studente met albei hande aangegryp word omdat Aros se assistente altyd die ekstra myl stap, hierdie is ‘n produktiewe benutting van tyd.

 Studentesuksessentrum

Die doel van die studentesuksessentrum is om Aros-studente te help om ten volle te ontwikkel.  Dit sluit in die ontwikkeling van die student op ‘n geestelike, akademiese en sosiale vlak.

By Aros is daar baie geleenthede geskep om jou as student te ondersteun om te verseker dat jy groei en jou volle potensiaal te bereik, dus is dit net jou verantwoordelikheid om hierdie wonderlike geleenthede met beide hande aan te gryp.

 Ek wil julle los met die gedagte: “Moenie bang wees nie! En bly altyd vol moed! Die Here gaan saam met jou. Hy sal jou nie in die steek laat nie. Jy is nooit alleen nie. Die Here is by jou!” (Deut. 31;8).

Nou ja, swem en bid, Arrie, swem en bid!

Michelle Engelbrecht

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s