Is jy moeg?

In die film Forrest Gump, begin Forrest (wat die hoofrol speel) te hardloop vir maande aaneen. Later het hy ‘n groot groep mense wat hom op sy reis volg. Op ‘n dag kom hy tot stilstand en sê: “I’m pretty tired, I think I’ll go home now”.  Ons is almal vandag besig om te hardloop van die een afspraak na die volgende, die een taak na die volgende. Vra ons ooit waarom? Waarom hardloop ons? Vat ons nog tyd om te dink?

As ons deur ons lewe hardloop sonder om te dink waarom ons hardloop of waarmee ons besig is, kan ons op ‘n dag kom en sê: “Ek is moeg”. Hierdie woordjie “moeg” sê so baie dinge. Ons kan fisies moeg en uitgeput wees en dan moet ons slaap en goed uitrus. Ons kan ook moeg wees nadat ons hard geoefen het, maar dit is ‘n lekker tipe moeg. Die moegheid waaroor ons bekommerd behoort te wees is die moegheid van doelloosheid en sinneloosheid.

Nadat die Here die Skepping gemaak het, het die Here gerus. Hierdie rus was nie ‘n moegheid nie, maar ‘n tevredenheid. Die Here was gelukkig met sy skeppingswerk. Die Here het dus sy doel bereik. As ek en jy jaag van die een ding na die volgende en nooit stilsit en dink waarmee ons besig is nie, dan gaan ons op ‘n punt kom en sê: “Ek is moeg, waarmee is ek besig?”

Die Here het vir ons geleenthede in ons lewe ingebou waar ons elke dag en elke week moet rus, stil word en vra waarmee ons besig is. Hierdie geleenthede is ons daaglikse stiltetyd, waar ons Bybellees en bid. Hierdie geleentheid is ook Sondae waar ons ‘n hele dag kan uitrus en tyd spandeer saam met God en ons verhouding met Hom. In hierdie verhouding met God vind ons werklik ons sin en doel in die lewe. As ons so besig raak dat ons hierdie geleenthede ook mis hardloop, gaan ons moeg word en dan eendag op die punt kom waar ons ook sê: “I’m pretty tired, I think I’ll go home now”.

Dr. Morne Diedericks

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s