Interessante webtuistes waarvan ‘n onnie moet weet

In vandag se digitale era is dit baie nuttig om van seker webtuistes gebruik te maak wat dalk jou las as onderwyser bietjie minder maak. In die vroeër jare van skoolhou moes onderwysers alles self maak en dit nog met die hand ook, vandag is dit beskikbaar om te koop en af te laai van verskeie webtuistes af. Hier volg vyf webtuistes wat werklik nuttig is en oulike hulpbronne vir onderwysers wat inligting van elke graad en vak het.

1.    My Klaskamer deur Kobie Kleynhans

Hierdie is ‘n baie nuttige webtuiste vir alle Grondslagfase onnies, haar produkte is goeie kwaliteit en heeltemal volgens die KABV kurrikulum uitgewerk.

http://myklaskamer.co.za/

2.    Kinderwerf

Kinderwerf is ook hoofsaaklik vir Grondslagfase onderwysers en strek vanaf kleuters en Gr. RR tot en met Gr. 4, hulle het aflaaibare hulpbronne maar ook boeke soos leesboeke en die Loebi aktiwiteitsreeks.

http://kinderwerf.co.za/tuis/

3.    OnniesOnline

Hierdie webtuiste is baie gewild en het Grondslagfase, Intermediêre fase en Senior fase hulpbronne. Hulle het ook baie artikels, nuus, onderwysposte en meer. OnniesOnline is dus behulpsaam vir enige onderwyser regdeur die skooljare.

http://www.onniesonline.co.za/

4.    TEACHA!

Teacha! is ‘n aanlyn mark vir onderwysers in Suid-Afrika. Koop en verkoop hier digitale hulpbronne vir jou Suid-Afrikaanse klaskamer. Hier kan mens absoluut enige iets raakloop wat te doen het met onderwys omrede dit ‘n oop markplek is, jy kan jou goedere verkoop wat jy gemaak het of ander onderwysers se hulpbronne koop. Onderwysers van alle grade en vakke sal hier iets kry wat hul nodig het.

https://teachingresources.co.za/

5.    My Klaskamer – idees en gedagtes uit ‘n juffrou se pen

Hierdie ‘My Klaskamer’ moet nie verwar word met die een genoem by nr.1 nie, hierdie webtuiste is meer ‘n blog maar is ook baie nuttig wanneer jy idees soek vir ‘n les of ‘n aktiwiteit vir jou klas. Hier kry mens ook alles van graad R tot en met graad 12 en is daar baie oulike drukbare blaaie vir elke behoefte.

https://myklaskamer.com/

E. Pretorius

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s