Het jy geweet? Europa

Ek het die voorreg gehad om hierdie vakansie deur Europa te toer saam met my man. Die betowerende ervaring met al die mooiigheid van die kontinent het ons onkant gevang. Ons het so baie geleer maar ʼn paar dinge het ons ongelooflik interessant gevind. In hierdie artikel deel ek graag ʼn paar van daardie dinge met julle.

Rome: Die Colosseum

Het jy geweet dat die bekende “gladiator games” gestop is as gevolg van ʼn Egiptiese monnik, Telemachus. Hy het baklei teen die bloedvergieting en moord binne die arena en het in die naam van Jesus Christus gepleit dat die spele moet stop. Hy het betaal daarvoor met sy eie lewe, hy was gestenig. Die spele het wel drie dae na sy pleit geëindig. Die beëindiging van die spele in die Colosseum merk die begin van die vervalling en amperse sloping van die Colosseum. Deur die eeue het verskeie faktore ʼn impak gehad op die vervalling van die Colosseum soos byvoorbeeld die verswakking van die Romeinse Ryk se ekonomie, natuurrampe en die afbreek van materiaal vir die hergebruik daarvan vir ander geboue soos die St. Peter’s katedraal in die Vatikaan. Die totale sloping van die Colosseum is gestop omdat daar mense was wat geglo het dat die Colosseum moet ons herinner aan die Christene wat daar gemartel was as gevolg van hulle geloof. Daar is alhoewel geen bewyse dat Christene in die geskiedenis wel in die Colosseum spesifiek gemartel was nie. Binne die Colosseum is daar ʼn groot kruis waar Roomse keisers soos Julius Caesar gesit het tydens die spele. Dit was Post Benedict XIV (1740-58) wat die kruis daar geplaas het as ʼn herinnering aan die Christen martelare.

W1.jpg

Floraans, Italië

Het jy geweet Leonardo Da Vinci is van Florence af of soos in Italiaans, Ferenzi? Leonardo het daar ook die bekende Mona Lisa skildery begin verf en later na Parys geneem toe hy vir Francis die eerste se hof gaan werk het. Meer interessant het jy geweet dat ‘Da Vinci’ nie sy van is nie maar aandui waar hy vandaan is. Leonardo was gebore in ʼn dorp in Florence met die naam Vinci. Met ander woord Leonardo Da Vinci beteken eintlik Leonardo van Vinci. Hy is eintlik Leonardo di ser Piero. Hier is ʼn foto van die malle spul binne die Louvre museum om ʼn foto van die portret te kan neem en dan is hy nog in ʼn glaskas ook.

 

Switzerland

Bern is Switzerland se hoofstad en nie Zürich soos wat meeste mense dink nie. Switzerland het ʼn vierkantige vlag en nie reghoekig nie. Henri Nestlé van Nestlé sjokolade was van Switzerland, hy het ook gehelp om kondensmelk te ontwerp…ja ontwerp, hy was eintlik ʼn apteker wat chemiese eksperimente gedoen het. Volgens baie is Switzerland net bekend vir hulle sjokolade omdat hulle hul resepte van België afkry.

Parys, Frankryk

So mooi en populêr soos wat die Eiffel toring is met duisende besoekers jaarliks, kan jy glo dat hy nooit beplan was om vir jare te staan nie. Hy was slegs gebou met die tydelike doel om besoekers vir 20 jaar te beïndruk en vir die herdenking van die Franse revolusie. Die Eiffel toring was nie altyd so populêr nie, tydens die konstruksie van die toring in 1887, het 300 mense ʼn petisie geteken om die konstruksie te stop. Hulle was van die opinie dat die toring belaglik en lelik is. Omdat Gustave Eiffel gevrees het dat hulle petisie dalk suksesvol kan wees, het hy 72 name van Wiskundiges, Wetenskaplikes en ander belangrike mense op die toring geplaas. Nie een van daardie name is ʼn vrou nie, alhoewel Sophie Germain (ʼn Vrou) die Eiffel toring moontlik gemaak het. Sophie Germain se teorie van elastisiteit is gebruik vir die konstruksie van die Eiffel toring. Dan was daar ook Hitler wat die Duitse generaal van Frankryk tydens die tweede wêreld oorlog beveel het om die toring af te breek, hy het geweier. 130 jaar later en die Eiffel toring staan nog steeds.

w4

Net nog een interessante ding oor Frankryk. “ Let them eat cake” – Bekende woorde van Marie-Antoinette, ʼn koningin van Frankryk tydens die Franse revolusie, nadat sy uitgevind het dat die mense nie brood het om te eet nie. Alles leuens. Daar is geen bewyse daarvoor nie. Marie-Antoinette was net ongelooflik “unlucky”. Sy was ryk, van Oostenryk (die Franse was nie mal oor hulle daardie tyd nie) en moes op 15 trou met ʼn Franse koning tydens die Franse revolusie – ʼn kombinasie vir ‘n bloedige ramp. Geen wonder haar kop het gewaai nie.

Bruges, België

ʼn Interessante feit oor bekende Belgiese sjokolade is dat net soos die woord sjampanje slegs gebruik mag word as die sjampanje gemaak is in en van druiwe uit die area Champagne, in noord-oos Frankryk, net so mag jy sleg sê dat dit Belgiese sjokolade is as dit in België gemaak is. Hoe kan jy swak en goeie kwaliteit sjokolade identifiseer? Regte/goeie sjokolade moet die oomblik wat jy dit in jou mond sit smelt omdat “regte sjokolade” teen liggaamstemperatuur smelt. Sjokolade wat nie geag word as “regte sjokolade” nie sal nie onmiddellik in jou mond smelt nie omdat dit nie kakao botter bevat nie, maar eerder goedkoper vette soos olie. Cadbury en Nestlé is slegs “sjokolade nabootsing” in die oë van “Chocolatiers” omdat dit nie genoeg bestanddele soos kakao-massa en -botter bevat nie. Laaste interessante feit oor sjokolode, Afrika is een van die grootste verskaffers in die wêreld van Kakao-bone. Dit is een van die redes hoekom daar gerugte is dat sjokolade in 2050 gaan uitsterf. Wes-Afrika ervaar ernstige klimaat veranderinge wat nie ideaal is vir die groei van Kakao bome nie…en daarom is dit moontlik dat sjokolade dalk eendag slegs ʼn goeie herinnering gaan wees. Behalwe as jy Trump is en nie glo in klimaat verandering nie…dan is jy en sjokolade veilig.

London, Engeland

Baie ironies, Charles Darwin, die grondlegger van die Evolusieteorie is begrawe in die Noordelike deel van Westminster Abbey in London. Westminster Abbey is een van die hoof kerke in Engeland waar kroning seremonies plaasvind al vanaf die jaar 1066, sowel as koninklike troues plaasvind, mees onlangs in 2011 was Prins William en Catherine Middelton se troue.

Ten slotte, die bekende Cullinan diamant wat verdeel is om in die kroon en septer van die konklike juwele te pas, kan by die “Tower of London” gevind word. Jy mag geen foto’s daarvan neem nie…Sê wie?!

Na 23 dae het ek en my man teruggekeer met wonderlike herinneringe. Hierdie artikel is ʼn voorbeeld van Battuta se aanhaling… “Traveling- it leaves you speechless, then turns you into a storyteller.”

Mev. Joyce West

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s