Handpoppe vir eerstejaars

Vir elke eerstejaar grondslagfase student is Juffrou Susan Koen se eerste semester opdrag (die maak van jou eie handpop) iets wat hulle koppe laat draai en byna almal se eerste vraag is:  “Nou wanneer gaan ek die ding in my klas gebruik?”

Tydens die onderhoud met Juffrou Susan het sy op dié vraag geantwoord:  “dit is vir wanneer jy voel die kind het iets nodig”.  Volgens Juffrou Susan kan leerders se ervaringsveld verbreed word deur die gebruik van handpoppe.

‘n Berig op daynurseries.co.uk “Using puppets in the early years encourages quiet children to talk and combat shyness”  lig uit dat Gr. R onderwysers handpoppe gebruik om kinders te help om positiewe verhoudings te bou met nie net die onderwyser nie, maar ook die leerders rondom hulle.

‘n Woordvoerder van die Voorskoolse Leer Alliansie van die VK het gesê dat verkenning en speel met marionette kinders se ontwikkeling bevorder, veral taal, persoonlike, sosiale en emosionele ontwikkeling word bevorder.

Gebruik handpoppe in jou klas om sodoende ook die leerders in jou klas se ervaringsveld te verbreed.

Cara M Baker

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s