Die Biblioteek voorsien boublokke na sukses

27752014_400310613748223_7778777705219547553_n

Laataand studeer en semester-opdragte is vir geen student lekker nie, maar om nog te bekommer waar jy die inligting vir die opdrag gaan kry, maak dit baie meer onplesierig.

Aros studente het hul hande vol met assessering wat gedoen moet word, maar gelukkig vir ons het ons toegang tot die Aros biblioteek. Die biblioteek is by die Granaat gebou op kampus en oop vanaf Maandae tot Vrydae 08:00 – 20:00 en op Saterdae vanaf 07:00 – 15:00.

Die biblioteek is ‘n bate vir alle studente en het gedurende 2017 baie nuwe boeke aangekoop.

Die hulpvaardige personeel sal jou met ope arms ontvang en jou help om die inligting te soek wat jy broodnodig het.

Hier kan jy ook van Aros se gratis internet gebruik maak en opdragte druk, fotostateer en selfs lamineer teen bekostigbare pryse.

Aros voorsien aan hul studente die nodige hulpmiddels wat nodig is om ‘n sukses van hul studies te maak. Hierdie hulpmiddels dien as boublokke na sukses en dit is egter jou as Aros student se verantwoordelikheid om hierdie boublokke te vat, en ‘n stewige fondasie te bou vir jou loopbaan in die onderwys.

M. Jonker

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s