Die Arries groet vir Ninette Coetzee

Baie dankie vir die geleentheid om vir die laaste keer nog een keer totsiens te kan sê:

 Wat was jou rol by Aros?

Ek het in 2015 by Aros begin werk, eers as Studente ondersteuningskoordineerder en later as Studente Berader. Ek was dus grootliks betrokke by die ondersteuning van ons studente.

Wat mis jy van Aros?

Aros se kultuur en dit waarvoor hulle staan het ‘’n baie groot rol in my lewe gespeel, en ek is so dankbaar dat ek vir ‘n rukkie deel van die Aros familie kon wees. Daar is so baie dinge wat ek mis, maar een ding wat ek die meeste mis is beslis my rooi bank!

Op daardie rooi bank het baie student ‘n stukkie van hulle harte en lewens met my gedeel – die grootste voorreg. Daar was ook baie hartseer en trane, maar die oomblik wanneer die groei en heelword-proses begin is ‘n wonderlike oomblik!

Watter boodskap wil jy graag aan die Aros-studente stuur?

Ek hoop julle weet met watter ongelooflike taak julle besig is. God het julle hiervoor geroep en julle en julle harte toegerus om hierdie pad te stap. Wanneer die reis moeilik raak (en dit gaan), onthou waar julle krag vandaan kom. My wens vir julle is dat julle dapper genoeg sal wees om julle drome te volg en dat julle sal onthou dat orals waar jy gaan, jy ‘n indruk op iemand anders se lewe laat. Trap dus met sagte voetspore in die harte van die honderde kindertjies wat eendag voor jou gaan sit. Hulle is kosbaar!

Waar woon ons nou en wat geniet ons hier?

Ons woon in Kathu in die Noord-Kaap. Die dorpie se naam beteken “Dorp onder die (Kameeldoring) bome”. Ek dink wat ons die meeste geniet is die stilte, die rustigheid en hoe mooi dit hier is. Die pas is bietjie stadiger as in die stad. So daar is tyd om stil te staan, te dink en alles in te neem.

As jy jouself in vyf woorde moet opsom, wat sal dit wees.

Vyf woorde is heeltemal te min, maar ek sou sê “risk-taker”, verstrooid, empaties, ‘n dromer en die vrou van ‘n ongelooflike man!

Ons nuwe omgewing – Ons pragtige omgewing

IMG-2284.JPG

Uitsig vanaf ons stoep. Hierdie foto is spesiaal vir my omdat dit my herinner aan hoe groot God is.

IMG-1249

Ek en Henrico

IMG-5571

IMG-9085.JPG

Ek is so trots elke keer as ek iets oor Aros in die nuus lees. Hou aan om saam aan Aros te bou. Christelike onderwys maak die verskil!

Liefde

Ninette Coetzee

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s