Bergfiets 2018

Arries trap teen Tuks en Pukke

Lede van die bergfietsspan het op die 14 April 2018 aan die StudentCup deelgeneem by Hoërskool John Vorster. Tydens die wedren het Aros teen ander universiteite deelgeneem soos onder andere Tukkies en Potchefstroom, en nog vele ander privaat institusies. Al het die ander universiteite die getalle gehad, het ons die meeste gees en beenkrag gehad en behaal ʼn sewende plek vir die mans onder 23. Weens tegniese probleme, behaal die dames ʼn sesde plek onder 21.

Berg.jpg

Tour de 24 Hours – Parys Bicyclette

Die naweek van die 28 April 2018, het 15 Aros studente die langpad na Parys in die Vrystaat aangedurf, terwyl die res van julle lekker lang naweek gehou het. Ons het die Saterdagoggend baie vroeg vertrek om seker te maak ons kom betyds in Parys aan vir die inskrywings en natuurlik om ons tent op te slaan en net ʼn bietjie te ontspan voordat die lang rit van 24 uur gaan begin.

Wel, dit het toe nie so goed begin soos wat ons gehoop het dit sou wees nie. Een van ons spanmaats het verslaap en van daar af was dit net afgrond. Ons het besluit om hulle langs die pad te kry, maar ironies genoeg, het ons kar gebreek en moes hulle ons toe langs die snelweg kry. ʼn Paar minute later, en ʼn paar oproepe, is daar ʼn ander kar, pak alles oor en val in die pad. Net voor die volgende afrit gaan flicker daar ʼn liggie en ons besluit om af te trek. Daar sit ons weer langs die pad. Net daar en dan was als net te veel, maar dit is op die span se petrol van gees wat ons betyds in Parys aan gekom het.

Die 24 Hours is ʼn wedren waar ʼn span van 7 mense mekaar aflos vir 24 uur aanmekaar. Ja dis reg, ons het in die aand ook gery, jy en jou fiets en natuurlik ʼn lig, en die natuur se elemente. Dan besef jy net weer hoe groot God eintlik is! Vra my, ek weet want ek het langs die Vaalrivier gery die aand toe my lig skielik afgaan en ek nie eers my foon of ʼn ekstra lig byderhand gehad het nie. Gelukkig met die krag van Bo het dit weer aangegaan en kon ek verder ry.

ʼn Interessante feit van die 24 Hours wedren is dat dit met ʼn Le Mans –style van 100m hardloop begin wat beteken dat een van die spanmaats moet wegspring en ʼn 100m hardloop tot by sy/haar fiets, en dan opklim en ry.  Die persoon wat wegspring, dra ʼn fluitjie wat dien as die aflosstokkie. Van elke span is daar net een persoon op die baan om elk te verteenwoordig. Wanneer jy by die eindpunt bereik, moet jy jou fiets oor ‘n boomstomp tel, loop tot binne in ‘n stoor en die fluitjie oorgee aan jou spanmaat. Jou spanmaat loop dan by die ander deur uit, tel sy/haar fiets oor en dan eers mag hy/sy verder ry. Hierdie tegniek word gebruik om die spoed ʼn bietjie te breek.

‘n Rooster is saamgestel wat bepaal wie ry wanneer sodat almal ʼn tydjie het om te rus.

Die Arrie ondersteuners het die fietsryers gemotiveer en daar was braaigeriewe waar ons lekker kon saam kuier. Ons tent was op die beste plek, dit was reg langsaan die wenstreep so ons kon die heeltyd deel wees van die wedren, dag en nag.

Een ding wat ons geleer het is dat jy nie iemand moet glo as hulle vir jou sê Parys is plat nie want dis nie waar nie. Ons het tussen twee koppies gery waar daar geen sein was nie en ons het ʼn paar diere langs die pad ook gekry terwyl ons gery het vir daai ekstra motivering. In die aande word dit regtig koud.

Na ʼn aantal van 24 rondtes wat gelykstaande is aan 171 km vir die verloop van 24ure, word ons aangekondig as die wenspan van al die vroue spanne.

Ons kan met trots sê ons het die beker huistoe gebring. Die 24 uur was definitief iets om te onthou van spanbou, tot huil en lag en baie ure op die fiets was dit ʼn naweek om te onthou van ware vriendskappe wat vir ewig sal bly. Dis waarlik so ʼn fees om ʼn Arrie te wees.

Tot volgende keer Parys , Au revoir.

Hessie Moldenhauer

This slideshow requires JavaScript.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s