Aros DRAMA…

39751531_511987902580493_790457046855057408_o

Drama, drama, drama en nogmaals drama! Nee, dit is nou nie die daaglikse drama wat ons elkeen by die skole waar ons werk, beleef nie. Ook nie die drama om deur al jou leerwerk te worstel, of om ‘n semesteropdrag af te handel nie. Nee, dit is die dramaklasse wat Jo Christel Dramaskool aanbied.

Ek het besluit om ook bietjie te gaan loer wat hierdie dramaskool bied, en of dit my as toekomstige onderwyseres van enige waarde sal wees. Ek wou ook sommer so bietjie sosiaal verkeer en met nuwe mense kennis maak.  Wel, Jo Christel Dramaskool het al my verwagtinge oortref. Ek voel dat die kennis wat daar opdgedoen word wel van onskatbare waarde vir my is.  Daar het ek geleer om selfvertroue op te bou. Ek kan beslis met meer selfvertroue voor ‘n klas staan en my les aanbied. Gesigsuitdrukkings en speling met jou stem kan jy hier oor leer bemeester. Ja, dis is sommer baie pret en daar word lekker gelag tydens klasse by die dramaskool, maar daar word ook kennis oorgedra en aangeleer wat beslis in die aanbieding van lesse vir my as toekomstige onderwyseres baie help.

Jo Christel Akademie is in 1991 gestig en het al die afgelope 27 jaar, kinders gehelp met hulle ontwikkeling. Nie net kinders vind baat hierby nie, maar selfs volwassenes, soos ek as toekomstige onderwyseres. Hierdie dramaskool help selfs leerders met voorbereiding vir kunswedstryde en redenaars. Hiervoor bied hulle individuele sessies van dertig minute elk aan leerders. O ja, dan is daar nog hulle oulike vakansie programme. Dit kan kinders beslis besig hou gedurende skoolvankansies, en hulle uit mamma se hare hou. Wat is dan nou beter as dit, vir ‘n lang vervelige skoolvakansie?

Die klasse was eers hier by Aros se kampus aangebied, maar het nou verskuif na Hoërskool Oos-Moot se skoolsaal.  Gaan loer gerus in by Jo Christel Dramaskool, jy sal beslis baat vind by die klasse en net ‘n voller mens daar uitstap. Ek het beslis!

A. Greyling

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s