Aros netbal kook!

Aros het vanjaar vir die eerste keer twee volbloed Aros netbalspanne in die veld gestoot.  Aros 1 het hulle stem duidelik en hard laat hoor in die LINCA Liga waarin hulle vanaf April gespeel het.  Hulle wen telkens met baie goeie tellings en verloor slegs een naelbyt wedstryd teen die FALCONS.  Die gehalte netbal wat hulle deurgaans gespeel het, getuig  daarvan dat daar vir Aros netbal ‘n blink toekoms voorlê. Verskeie talentvolle spelers het na vore getree, en Aros netbal behoort in die toekoms ‘n welkome toevoeging te wees as ‘n bykomende voedingsbron vir die lewering van topspelers in die ondeskeie provinsiale en nasionale ligas.

Op grond van hierdie uitstekende vertoning word AROS 1 genooi na die prysuitdeling op  Donderdagaand, 21 Junie waar die finale uitslae van die liga bekend gemaak is. Die spelers wat AROS 1 en 2  tydens hierdie liga verteenwoordig het is:  Bianca Snyman, Danelle Prinsloo, Abigail Brits, Lizaan Ewald, Simone Greyling, Megan Brits, Carla Meyer, Mariska Scholtz, Clarissa Fourie, Elzette Jooste, Chante Da Silva, Chune Le Roux, Annabelle Ehlers, Tarisha v.d. Berg, Michelle Steinberg.

39923968_513378555774761_8963586838262448128_n

Aros 2 kan ook met ‘n oorwinning of twee in die afgelope liga spog, en daar word met afwagting uitgesien na hierdie jong span se verdere ontwikkeling en groei.  Buiten die prestasies van Aros netbal, is daar ook vriendskappe gevorm, op die baan en langs die veld.

Daar lê ‘n blink toekoms vir Aros netbal voor met vooruitsigte om deel te raak van ‘n aksienetbalreeks sowel as ‘n FAST5 netbalreeks, wat ‘n  vinnige en opwindende weergawe van die tradisionele vorm van netbal is.

Aros netbal nooi alle student uit om deel te raak van ons netbalfamilie, veral met die tweede reeks van die liga wat direk na die skoolvakansie begin.

Alle belangstellende spelers kan met die afrigter, Rizanne van Heerden (083 452 2207) skakel vir verdere besonderhede.

R. van Heerden (afrigter)

This slideshow requires JavaScript.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s